Laerskool Slot van die Paarl
Hier ontsluit ons u kind se toekoms...
1857 - 2019
Nasorg
Ons skool se uitstekende nasorggeriewe is elke weeksdag vanaf 12:30 tot 17:30 teen ín baie billike tarief beskikbaar.

Leerders word van voedsame toebroodjies en koeldrank voorsien. In die winter kry hulle ín warm drankie of sop.

Tuiswerk word onder toesig van die bekwame personeel gedoen. Leerders kry genoeg speel-tyd, asook geleentheid om die sport van hul keuse te beoefen. Dit bly egter die ouers se verantwoordelikheid om toe te sien dat hul kinders se huiswerk gedoen is. 

Die nasorgsentrum is ook gedurende die vakansie teen ín bykomstige fooi oop.

Indien u verdere inligting en aansoekvorms verlang, kan dit by die nasorg of die skoolsekretaresse afgehaal word.

Kontak:

Mev. Magda Groenewald - Selfoon:  060 788 4619
Kontak Laerskool Slot van die Paarl
Tel:  021-8698007,  Faks:  021-8698010,
Epos: slotps@telkomsa.net   
Posbus 2035, Windmeul, 7630
Hoofweg, Windmeul